
Wanneer die uitslae van die matriek-eksamens gepubliseer word, skep dit so ’n positiewe atmosfeer dat baie ouers wonder of die onderwys in Suid-Afrika regtig in so ’n slegte toestand is as wat oorwegend berig word. Aan die een kant lyk dit of die onderwys verval. Die handboek sage in Limpopo het die pers vir maande besig gehou. Die onderwysdepartement in die Oos Kaap was in so ’n toestand dat die nasionale...