fbpx
 
Persoonlike Nommer-pas Tuisonderig deur Beit HaSefer

(Geen ‘een nommer moet almal pas’ produkte nie!)

Wat is Beit HaSefer?
Het u opvoedkundige materiaal nodig? Wel, u is nie alleen nie – ons is tot u diens. Beit HaSefer het die oplossing geword vir vele mense en instansies, waarvan die vernaamste tuisskool ouers is wat die verantwoordelikheid van die opvoeding van hulle kinders op hulself neem. Anders as “diensverskaffers”, wat hul eie sisteem van onderrig aan u verkoop, bied Beit HaSefer u opvoedkundige produkte. Ons bied u die opsie om die beste produk uit die grootste beskikbare reeks kwaliteit produkte te kies. Op hierdie wyse bied ons u ‘n buigsame en koste effektiewe metode om u kind enige tyd en enige plek op te voed. Met ander woorde:- ons verskaf opvoedkundige oplossings waar die behoefte opvoedkundige produkte en materiaal is! BeitHaSefer is DIEHuis van die Boek”.

Waar is Beit HaSefer?
Beit HaSefer se dienste sluit posaflewering in. Telefoniese bestelling word spoedig hanteer, terwyl aflewering by die adres van jou keuse plaasvind. Ons is in Pretoria, Suid-Afrika gevestig waar baie van ons kliente ons besoek.

Wat is die betekenis van ‘Beit HaSefer’?
Beit HaSefer" is ‘n Hebreeuse term met ‘n paar betekenisse. Eerstens, "Beit" beteken "Huis" en "Sefer" beteken "Boek". Die betekenis van "Ha" is "die", wat gevolglik die saamgestelde betekenis "Huis Die Boek" het. Wanneer ons dit meer verstaanbaar vertaal beteken dit eerstens "Huis van die Boek"- met ander woorde “die huis waar boeke is”. Tweedens, as ‘n Hebreeuse term, beteken dit "Skool". Die derde, en mees belangrikste betekenis is "Huis van die BOEK". Al is al die betekenisse vir ons familie van toepassing neem "die BOEK" (wat mense na verwys as “Die Bybel”) die mees prominente “boek-plek” in ons huis en lewens. Om op te som: As familie is ons lewens op “die BOEK” gebaseer terwyl ons self as tuis-skool familie baie “Boeke” gebruik en derdens maak ons dit ons besigheid om mense met kwaliteit “Boeke” en ander opvoedkundige materiaal te help.

Wat bied Beit HaSefer jou?
Ons offer jou “DIE BESTE GEREEDSKAP vir die opvoedingstaak” teen die bes moontlikste prys!
Ons wys jou wat is beskikbaar en jy en jou kinders kies die mees toepaslikste en beste produk uit die wydste reeks produkte beskikbaar. Ons neem verskillende persoonlikhede, leerstyle, en jou voorkeur en aanslag met betrekking tot leer in ag en help jou om self die keuse te maak in wat jy wil gebruik. Jou keuse sal jy kan maak uit die grootse moontlike reeks van opvoedkundige produkte beskikbaar in die land. Vanaf 1997 ondersteun en help ons mense op hierdie manier. Wanneer jy opvoedkundige materiaal soek; onthou, - ons help jou, ons neem nie die besluite namens jou nie. Alle onderwysdepartement goedgekeurde, en vele ander boeke en opvoedkundige materiaal is by ons beskikbaar.

Kontak gerus vir Lindi by:

Beit HaSefer (Huis van die Boek )
Tel: 012-546-0701
Fax: 012-546-0701
Sel: 072 268 2237
Epos: This email address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it.
Webwerf: http://www.beithasefer.co.za

Opvoedkundige Produkte en Dienste:

  • Sagteware
  • Skool Boeke & Ander Opvoedkundige Boeke
  • Allerlei ander Opvoedkundige Produkte en Hulpmiddels
  • Tuis Opvoeding en Onderrig, Algemene Opvoedkunde en Opleiding & Ontwikkelings Konsultasie
  • Instruksionele Ontwerp & Kurrikulum Ontwikkeling
  • Veiligheid en Gesondheidsprodukte en Apparaat
  • Ons pos / koerier / lewer wereldwyd af


Diens met ‘n glimlag


Vir kennisname: Kontak ons vir die wydste reeks opvoedkundige produkte (Opvoedkundige Sagteware / Kaspersky Internet Sekuriteit & Teen-Virus Sagteware / Opvoedkundige Rekenaar Sagteware / “Edutainment” / CD-ROMs / DVD's / Skool Boeke / Hulpbronne / Remediërende Leermateriaal en vele meer)

Ons spesialiseer daarin om vir jou ‘n pakket volgens individuele leerders se persoonlike behoeftes saam te stel. Produkte word gekies uit ‘n wye reeks van verskeie uitgewers. Ons neem ook jou geloofs- en persoonlike voorkeure in ag.

Events

Has no connect to show!

Legal & Research

Research on Home Education

Research on home education consistently proves that home learners

+ View

Homeschooling and the law

Home schooling was recognized in 1996 in the SA Schools Act.

+ View

History of homeschooling in SA

History of home education in South Africa (Wikipedia article)

+ View

Centres

Learning centre overview

Homeschool, micro-school, learning centre, unregistered private

+ View

Start a Learning Centre

Important considerations when starting a learning centre

+ View

Find a learning centre

There are various ways to find learning centres. Since there is

+ View

Homeschool ABC

A

Approaches

Popular homeschooling approaches and styles ...

+ View
B

Beginning

5 Easy steps to start homeschooling ...

+ View
C

Curriculum

How to choose a curriculum for your family ...

+ View

Videos

Support

Homeschool Family blogs

Blogs by homeschooling families that share their experiences and ...

Tutors

Tutors provide additional support to homeschooling parents. ... ...

Support Groups

Forums where parents and learners discuss issues with each other and ...

Assessment Tools

Homeschoolers make use of a variety of formal and informal ...

Curriculums

Learn, code and create with Ubbu!

  ubbuIntroducing ubbu!An Adventure of Code and Play! Learn, Code ...

LEARNING TO READ EASY WITH THE ...

    Parents and educators – these popular reading books with ...

Inventum International Online ...

Most Flexible & Affordable Online Cambridge School.    You ...

Clowder Bookstore

  Explore The Clowder Bookstore. Our primary focus is on supplying ...

Q & A

Has no content to show!

  • Prev
  • Curriculums & Resources