Krimpende Kerke - Gevolg van staatsonderwys?
Kerke is bekommerd oor die tendens dat jongmense die kerk verlaat. Daar word gesê dat hulle “graduate out of church”. ’n Verskeidenheid redes word hiervoor aangevoer, maar selde word die invloed van die staatsgodsdiens wat deur publieke skole oorgedra word raakgesien. Kerke wat jongmense wil behou moet daarom kennisneem onderwysmoontlikehede buite die publieke skole.
Met die invoering van die Nasionale Kurrikulum in 2002 was een van die grootste besware daarteen die bevordering van die Intergeloofgodsdiens, veral in die leerarea van “Lewensorientering”. Volgens die Intergeloofgodsdiens is alle godsdienste in die wêreld menslike versinsels en is daar nie ’n ding soos ’n ware godsdiens en ’n valse godsdiens nie. Alle godsdienste is gelyk. Sarel van der Merwe het ’n video hieroor gemaak met die titel : “Intergeloof in die Onderwys”. Kliek hier om ’n uittreksel uit hierdie video op Youtube te sien.
In die begrotingsrede van 2011 het die minister die band bevestig tussen die Departement van Basiese Onderwys en die Intergeloof beweging toe sy gesê het : “It is behind this background that we launched the Bill of Responsibilities in partnership with Lead South Africa and the South African Inter-Faith Council.” Ook in die 2012 begrotingstoespraak het die minister van Basiese onderwys haar verbintenis tot die Intergeloof godsdiens bevestig toe sy sê : “A vital component of our strategy is working with partners in the private sector, higher education, NGOs, traditional leadership, interfaith organizations and broader society.” Op 30 Oktober 2012 was pres. Zuma ’n hoofspreker by die 4de Intergeloof konferensie vir Vrede in Afrika in Kaapstad. Hierdie konferensie het borggeld van die parlement ontvang ter waarde van R2.1 miljoen.
Gegee dat publieke skole die Intergeloof godsdiens bevorder en die oorgrote meerderheid jongmense hulle onderwys daar ontvang, is dit nie verbasend dat hulle die kerk verlaat nie. Hierdie jongmense het vir 12 jaar lank, 30 – 40 uur per week, onderwys ontvang volgens ’n kurrikulum wat die Intergeloof godsdiens bevorder, onder die bestuur van ’n minister wat verbind is tot die intergeloof. Hierteen is ’n erediens van minder as ’n uur en 30 min se kategese per week in die Christelike godsdiens nie opgewasse nie.
Verder word daar dikwels na die tradisionele gesin verwys as die boustene van die kerk. As die gesin dus verbrokkel, dan verbrokkel die kerk. ’n Onlangse boek met die titel “How the West Really Lost God” beskryf hierdie nou band tussen kerk en gesin. In die kurrikulum van publieke skole word die tradisionele gesin word egter verdag gemaak en alternatiewe samelewingsverbande as normaal voorgestel. Deur die verdagmaking van die tradisionele gesin dra publieke skole nog verder by tot die verval van die kerk.
Kerke wat wil groei moet daarom ’n onderwysmodel voorstaan waarin lidmate hulle eie godsdienstige oortuigings kan oordra aan die volgende geslag, asook ’n onderwysmodel wat die boustene van die kerk versterk. Tuisonderwys is ‘n onderwysmodel wat aan beide van hierdie vereistes voldoen.
In 2011 verklaar Regter Cynthia Pretorius in die Pretoriase Hooggeregshof dat die nasionale kurrikulum nie bindend is op ouers wat tuisonderwys gee nie. In tuisonderwys kan ouers dus hulle eie godsdienstige oortuigings aan hulle kinders oordra, en kinders hoef nie beïnvloed te word deur die staatsgodsdiens nie. Tuisonderwys voldoen ook aan die tweede vereiste aangesien navorsing toon dat tuisonderwys juis ’n onderwysmodel is wat bydra tot die versterking van die gesin.
Baie kerke verstaan dit en begin tuisonderwys bevorder. In 2004 het die sinode van die Southern Baptists Church in die VSA besluit om ouers op te roep om hulle kinders te onttrek uit publieke skole en te kies vir Christelike privaatskole of tuisonderwys. In 2011 word ’n film vrygestel met die titel “Indoctrination: Public Schools and the Decline of Christianity in America.” waarin die invloed van publieke skole op die Christelike godsdiens uitgebeeld word. Baie kerke hou publieke vertonings van hierdie films. In Mei 2012 het die verteenvoordiger van die Vatikaan in die Verenigde Nasie ’n verklaring uitgereik waarvolgens die staat die regte van ouers behoort te erken om die tipe onderwys vir hulle kinders te kies en om hulle te beskerm teen ideologiese indoktrinasie deur die staat.
In Suid-Afrika is baie kerklidmate egter nog van mening dat Christene hulle kinders juis na publieke skole behoort te stuur om daar te “getuig”. Ds. Slabbert le Cornu, gereformeerde predikant, antwoord hierdie argument egter soos volg : “Kom ons let op Matt 10: 16,17 : ‘Ek stuur julle na die mense in die wêreld, en julle sal soos skape wees wat tussen gevaarlike wolwe is. Daarom moet julle versigtig wees soos die slange, en soos duiwe moet julle niks verkeerd doen nie.’ As ons hierdie vers van toepassing wil maak vir hierdie onderwerp, is dit belangrik om te kyk vir ‘wie’ Jesus hierdie woorde gesê het. Die antwoord vind ons in Matt.10:1,2 en 10:5: Matt.10:1-2 : ‘En Hy het sy twaalf dissipels na Hom geroep en aan hulle mag gegee oor onreine geeste, om hulle uit te dryf en om elke siekte en elke kwaal te genees. ... Jesus het hierdie twaalf uitgestuur en hulle bevel gegee en gesê ...’ en dan volg as een van die opdragte v.16,17 wat hierbo vermeld word. Jesus stuur volwasse geharde toegeruste gelowige mans uit vir die belangrike roeping en taak wat hul moes uitvoer, wetende die vervolging wat op hul wag, dat hul die taak met wysheid moet aanpak. Die verse kan nie gebruik word as begronding waarom ons ons kinders na Molog staatskole stuur nie (ek gee wel toe dat dit in sekere staatskole beter gaan as in ander, en dat daar nog hoofde en personeel is wat ‘n Christelike etos wil handhaaf, maar oor die algemeen en wat die toekoms betref is die staatskole al minder Christelik en nie ‘n goeie keuse om ons kinders waarlik gereformeerd op te voed nie), of van kinders verwag om ‘flou liggies’ daar te laat skyn nie.”
Kerke wat jongmense wil opbou om in die toekoms die samelewing te beïnvloed behoort dus kennis te neem van tuisonderwys, aangesien dit die kinders beskerm teen Intergeloof godsdiens wat deur publieke skole oorgedra word en bydra tot die versterking van die boustene van die kerk, naamlik die gesin.
Legal & Research
Centres
Support
Curriculums
Sunrise readers: From pre-reading ...
Parents and educators - these popular reading books with an ...
Has no content to show!
Comments 6
Alhoewel ek bewus is van hierdie dinge wat in staatskole aangaan, is ek seker dat dit nie die rede is waarom kinders die kerk verlaat nie.
Ons het pas besluit om tuis te onderrig, maar ons kinders het reeds nie ingepas nie, juis omdat hulle van die begin af geleer is wat reg en verkeerd is, waarom ons so glo, en die nodigheid van 'n persoonlike verhouding met God deur Jesus Christus om op die regte pad te bly.
Persoonlik glo ons dat die kerk in die algemeen nie meer die Woord van God sien as 'n letterlike nie, maar dit vergeestelik en so die volle waarheid verberg. Sonde word nie meer sonde genoem nie, omdat hulle mense nie wil afskrik nie, maar dit veroorsaak gemeentes waar daar 'n hele paar mense is wat nie gered is nie en as 'n gevolg is daar nie eenheid binne die gemeentes nie.
Ek se nie dat ongeredde mense onwelkom is nie, maar ons moet die Bybelse Nuwe Testamentiese siening van die gemeente nie uit die oog verloor nie! Met die koms van Jesus is 'n nuwe tydperk ingewy en daarom is dit noodwendig anders as in die Ou Testament. Ons is die dissipels en vissers van mense - nie die leraars of kerke nie, en ons kinders is ons heel eerste sendingveld (Jerusalem). Die doel van die gemeente is om die wat gered is te leer, sodat hulle kan uitgaan en getuig om mense vir God te wen. Dit sluit nie die prediking van die Evangelie van Jesus Christus uit nie, want ons leer daardeur hoe om dit weer uit te dra.
My punt is dus dat ons ten volle saam stem met tuis onderrig, omdat ons die verskil kan sien wat 'n verhouding met God aanbetref sonder die drukte wat daar in staatskole is, maar, wanneer kinders die regte weg geleer word, sal hulle nie daarvan afwyk nie (God se beloftes staan vir altyd). Daar is steeds kinders in staatskole wat nie bang is om op te staan vir die waarheid nie, en nie die kerk verlaat nie. Die onus rus op elke ouer - of hy/sy nou tuis onderrig of staatskole kies.
Ek besef dat dit genade van God is dat ons kinders "anders" is, aangesien ons as ouers ook sondig is. Ons het egter onlangs bevriend geraak met mense wat tuis onderrig en sy het vir my gese dat sy nie kon glo my kinders gaan na staatskole toe nie, juis omdat, volgens haar mening, hulle opgetree het soos kinders wat tuis onderrig ontvang. Dit IS moontlik om sulke kinders groot te maak binne die staatskool omgewing, maar dit bring baie druk en is definitief die moeilikste weg om te stap.
Ja, die staatskole het 'n groot impak. Dit is egter in die eerste plek die ouers se verantwoordelikheid om te kies waaraan hul kinders blootgestel word en in hoe 'n mate. As ouers staatskole kies, gaan hul hard en korrek daaraan moet werk om hul kinders se vorming sterker te beinvloed as die skool. Tuisskoling maak dit baie makliker. Ek stem egter saam dat die kerk nie die skole al die skuld kan gee nie. Die kerk het te ver gegaan in terme van kompromie met die wereld se standaarde (neem geen standpunt in nie) en verkondig nie die suiwer woord van God nie. Christenskap is om soos Christus te wees. As die kerk Christus vir mense is, oud of jonk, sal hulle die lig volg soos hulle Jesus in hordes gevolg het. Christenskap het net nog 'n "religion" geword en die jong mense van vandag het genoeg verstand om nie daarvoor te val nie. Hulle soek die ware jakob en dis so skaars soos hoendertande.
Ek moet myself korrigeer. Dis waarskynlik net sekere kerke of kerkgroepe wat die probleem ervaar. Die kerk in die grote is eintlik besig om te groei, jongmense en al. Die "ware jakob" is nie werklik hoendertande nie. Jy moet net die bybel self goed ken sodat jy kan weet wat is waarheid en wat is verdraaisels. Die skape gaan maar net waar hulle die egte voeding kry. Ou skape en jonges.
'n Persoon het gereageer op hierdie artikel deur te vra of die verval van jeugverenigings nie dalk die oorsaak is waarom so baie jongmense die kerk verlaat nie. In jeugverenigings word kinders en jongmense in portuurgroepe opgedeel en doen hulle saam bybelstudie in portuurverband. Onlangs het 'n verslag uitgekom wat aandui dat dit die praktyk om kerklike aktiwiteite in portuurverband te doen een van die grootste redes is waarom jongmense die kerk verlaat. Die verslag se :"The inherent result of youth groups is that teenagers in the church are focused on their peers, not their parents or their pastors. It's a foreign sociology that leads to immaturity, a greater likelihood of sexual activity, drug experimentation and a rejection of the authority of the Word of God."
Lees die resensie van 'n boek wat verduidelik dat die verval van betrokkenheid van ouers by onderwys die oorsaak is van die verval van die Rooms Katolieke kerk.
---------------------------------------------------------------------------
Young Catholic America: Emerging Adults In, Out of, and Gone From the Church is the most recent book reporting results from the first three waves of the NSYR project. Authors Christian Smith, Kyle Longest, Jonathan Hill, and Kari Christoffersen analyze a wealth of survey and interview data to construct a thorough and thought-provoking description of the state of the Catholic faith among today’s emerging adults.
The authors find that most contemporary Catholic emerging adults have experienced either consistently low involvement with their Catholic faith and the church itself since adolescence, or a decline in faith and religious behavior. While the reasons for this are numerous and complex, they suggest one primary culprit -- that changes within the Catholic church led to the weakening of the faith and involvement of the parents of current emerging adults, resulting in either the inability or unwillingness of those parents to model, teach and pass on the faith to their children.
“Just when the Church and its faithful needed to create new means for propagating the faith better fitted for the circumstances of the late twentieth century, the most important means by which any religion is transmitted to new generations – the investment, modeling, and instruction of parents – was weakened by uncertainty, distraction, and incapacitation. Unsurprisingly, this combination meant a partial breakdown in the effectiveness of religious catechesis.”
One of the ramifications of this social and institutional change in the transmission of the Catholic faith has been the marked decrease in mass attendance among Catholic emerging adults – a decrease not likely to be recouped in the next few decades, thanks to the weak or non-existent personal connection that many feel for the American Catholic church.
Smith and his colleagues find evidence that the primary influence on the religious and spiritual lives of Catholic youth is the strength and quality of religious socialization processes, including, most importantly, positive and strong relationships with religious adults, both parents and non-parents. Indeed, they find that such ties are a necessary component of maintaining or developing a strong Catholic identity in emerging adulthood.
Also discussed in Young Catholic America are the seemingly innocuous effect of Catholic school education on adherence to Catholic faith in early emerging adulthood, and methodological concerns about the variety of ways that individuals live out their Catholic identities, and that the various ways in which the term “Catholic” is measured have significant implications for any conclusions that can be drawn about this non-homogeneous group.
Oxford University Press, 2014
ISBN 9780199341078
Op 2 September rapporteer Beeld dat ’n organisasie die hooggeregshof in Johannesburg vra om ses skole te verbied om hulself onder meer Christenskole te noem, leerlinge toe te laat om Christelike liedere te sing en Christelike waardes en norme voor te staan. Dit bevestig net weereens dat openbare skole al hoe minder geskik is vir kinders van Christelike huise. Lees artikels by http://goo.gl/NHVcg2